MarkInsig

 
 

 


Die Aandele-mense.

Ons geld doen die werk.

 

 

Datum van laaste opdatering: 12 Jan 2007

 

 

Markinsig is die webtuiste van Tinus en Linda Viviers. Ons het gedurende 1998 begin om met aandele te spekuleer. Gedurende 1999 het ons ook die aktiwiteite uitgebrei en ‘n studie gedoen rakende die grafiese ontleding van aandeelpryskurwes. In die proses het ons na verskeie metodes gekyk en uiteindelik besluit om te konsentreer op die ontleding van golwe soos deur Elliott (1948) beskryf. Ons gebruik tans die sagteware WinWaves 32 (wat Elliott se benadering gebruik) tesame met ‘n stel sagteware wat ons self ontwikkel het om risiko te verminder en winste te optimeer.

 

Gedurende 2000 het ons begin om, gedurende Januarie elke jaar, ‘n hipotetiese belegging ten bedrae van R 1 miljoen te maak. Die swakste wat ons gevaar het was 16,7% in een jaar en die beste was 55,3% terwyl die gemiddeld tot nou toe op 35,8% pj staan. Tot nou toe was ons beleggings in aandele op ‘n baie klein skaal, maar ons glo dat ons nou die resep gekry het.

 

Op die oomblik het ons 10 aandele geïdentifiseer wat volgens ons ontledingsmodelle uitstekende resultate behoort te lewer. Hulle is (in alfabetiese volgorde):

 

Absa

Kumba (soos voor die verdeling)

Mittal

Massmart

PicNPay

PPC

Reunert

Stanbank

Sasol

Telkom

 

Op 20 Oktober 2006 het ons gestruktureer begin aankoop. Ons doelwit is om R 500 000.00 in aandele te belê en glo dat ons binne 2 jaar ons belegging gaan terugkry en nog soveel oorhou. Verder gaan ek ons belegging meet teenoor ‘n gelykwaardige belegging in die Satrix 40. Op die oomblik lyk ons belegging as volg (in volgorde van aankoop):

 

Sasol, 100

Mittal, 400

Massmart, 500

Kumba, 500

Exxaro, 500 (afkomstig uit die split van Kumba)

Reunert, 1000

Telkom, 600

 

Koste tot datum (14  Januarie 2007) = 324 007.34

Huidige waarde = 345 147.00

Satrix40 vergelykende waarde = 335 926.80

 

Persone wie belangstel in Elliott se teorie of ‘n ontleding van ‘n spesifieke aandeel gedoen wil hê, kan ons per epos kontak. Ons stuur ook ten minste een keer in twee weke ‘n bespreking van ons mening oor ‘n aandeel se kanse gratis per epos aan belangstellendes.

 

 

 

Kontakbesonderhede : bestuurder@markinsig.co.za

 

Tinus Viviers

 

083 413-0647